Slegs 2 soet drankies kan diabetes veroorsaak
2011-11-15 08:15
New York – Slegs twee suikerdrankies 'n dag kan ‘n vrou se kans op hartkwale en diabetes vergroot – en haar middel ook daarby, het navorsers bevind.
Die navorsers het middeljarige en ouer vroue bestudeer wat twee of meer drankies propvol suiker per dag drink.
Hulle het hul gesondheid met vroue vergelyk wat slegs een of geen sulke drankies per dag drink.
Oor ‘n tydperk van vyf was vroue wat die soet drankies gedrink het sowat vier keer meer geneig om hoë vlakke bloedvet te ontwikkel, wat are verstop en tot hartkwale lei. Hulle was ook meer geneig om ‘n groot middellyf te kry en het ‘n groter kans gehad om diabetes ontwikkel.
Dieselfde het nie vir mans gegeld nie.
“Vroue wat meer as twee soet drankies per dag drink vergroot hul middels,” het die hoofnavorser Cristina Shay van die Universiteit van Oklahoma in Amerika gesê. “Hulle het ook oor tyd ‘n groter kan op diabetes ontwikkel.”
Die navorsing is voor ‘n vergadering van die Amerikaanse hartvereniging voorgelê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.