Slanke Buddy beslis nie meer potjierol

2011-09-16 09:04
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Mense is beslis nie die enigste wesens wat slapelose nagte oor ’n ekstra rolletjie om die middel het nie.

Buddy Knoesen, ’n driejarige bruin worshond van Fichardtpark in Bloemfontein, het binne agt maande 6 kg verloor. Sy soettand en liefde vir onder meer sjokolade het die skaal aan die begin van die jaar tot op ’n stewige 13 kg laat klim.

Danksy dié stewige gewig wat Buddy verloor het, is hy nou die Vrystaatse finalis in die Hill’s Pet Slimmer-program. Buddy ding mee met nege ander maerder honde in Suid-Afrika wat ook van hul oortollige gewig ontslae geraak het.

Sy eienaars, Roché Knoesen en Jean Wolmarans, sê hulle het nooit verwag Buddy sal so ver kom nie.

“Ons het hom ingeskryf omdat hy gewig moes verloor. Hy het só vet begin raak dat ons bekommerd geraak het dat sy ruggie dalk kan ingee.”

Buddy het glo nie ’n maklike lewe gehad voordat Knoesen en Wolmarans hom op drie maande aangeneem het nie. As sy nuwe ouers het hulle besluit om hom tot in die afgrond te bederf.

“Hy het alles geëet wat ons eet. Van sjokolade, roomys, tot alle soorte vleis en kos wat vet maak,” sê Knoesen.

Hulle meen ondanks sy vet lyfie was hy steeds verbasend aktief.

In Januarie het Wolmarans van dié program gehoor en hulle het besluit om Buddy in te skryf.

Die program is 14 jaar gelede geskep om die toenemende epidemie van oorgewig honde aan te pak en aan diere-eienaars die nodige ondersteuning en gereedskap te verskaf wat hulle nodig het om hul diere te help gewig verloor.

“Die grootste uitdaging by die huis was om op te hou jammer voel vir Buddy en hom kos te gee om elke draai,” sê Knoesen.

Stadig maar seker het Buddy se gewig van 13 kg tot ’n skrale 7 kg gedaal.

Knoesen sê Buddy se oefenprogram het swem, stap en hardloop ingesluit, en hy het ’n lae-cholesterol-dieet gevolg.

Buddy geniet steeds sy dieet en is baie opgewonde met etenstye. “Ek weet dit was die moeite werd wanneer ek nou na hom kyk, en wil hom graag só hou vir so lank moontlik.”

Buddy staan ’n kans om R25 000 te wen, en mense kan vir hom stem by www.petslimmer.co.za.




– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: gewig  |  diere  |  honde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.