Slaap verhelder nie bejaardes se geheue
2011-11-21 11:37
New York – ‘n Goeie nagrus help dalk nie om ouer volwassenes se geheue te verbeter nie, het ‘n nuwe studie bevind.
Die bevindinge stel voor ouderdomsverwante veranderinge in die brein, en nie ouderdomsverwante slaapprobleme nie, is verantwoordelik vir geheueverlies by ouer mense, het die navorsers gesê.
Die studie het 25 jonger en 25 ouer volwassenes getoets wat geleer het hom deur 10 “virtuele” kamers hul pad te vind. Elke kamer het na ‘n ander kamer gelei.
Vrywilligers moes vier keer deur al 10 kamers hul pad vind om te bewys hulle het die pad onthou.
Jonger volwassenes wat ‘n goeie nag se rus agter hulle gehad het, het minder foute gemaak as hul tydgenote wat 12 langer wakker was, maar ouer volwassenes het nie met meer slaap beter gedoen nie.
“Ons navorsing bewys die veroudering van die brein, en nie slaapprobleme nie, kan geheueverlies by ouer mense tot gevolg hê,” het die hoofnavorser Rebecca Spencer van die Universiteit van Massachussetts gesê.
Die studie is verlede week by ‘n vergadering van die Amerikaanse vereniging van neurowetenskap in Washington, Amerika voorgelê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.