Skype help gay paartjie om in Texas te trou
2010-11-16 05:48
San Fransisco – ‘n Gay paartjie van Texas het wette van dié staat,
wat hulle verhoed om in die huwelik te tree, vrygespring deur Skype in te span
vir die seremonie.
Dit was klaarblyklik die eerste keer dat ‘n huwelikseremonie
via Skype plaasgevind het.
Mark Reed en Dante Walkup het Washington toe gegaan om daar
hul huwelikslisensie te kry.
Terug by die huis in Texas, het die huweliksbeampte in
Washington die seremonie via Skype voltooi.
“Toe ons by die kansel kom, toe verskyn sy op ‘n skerm voor
ons.
“Dit was so mooi. Dit was asof sy rerig daar was,” het Reed
gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.