Skype bied goedkoop oproepe aan tydens WB
2010-06-30 11:41
Kaapstad – Tydens die hele maand van Julie sal Skype-gebruikers verniet kan bel na enige landlyn in lande wat aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi deelneem, berig Sake24.
Altesaam 120 minute sal beskikbaar wees vir oproepe na landlyn-nommers in Suid-Afrika.
Om gebruik te maak van die aanbod, moet verbruikers registreer by Skype en, onder andere, hul kredietkaart details verskaf.
Dis veral mense met familie en vriende wat oorsee bly wat gebruik maak van Skype.
Maar sedert toegang tot die internet in Suid-Afrika al hoe goedkoper raak, word dié internet-diens ook al hoe meer gewild.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.