Skraler mense sterf meer na operasies
2011-11-22 21:02
New York – Skraler mense het ‘n hoër risiko om binne 30 dae na ‘n operasie te sterf as oorgewig mense, het navorsers in Amerika bevind.
Die navorsers het gesê die redes vir dié verskynsel is nie bekend nie.
Hulle het met die studie probeer vasstel of oorgewig mense se kanse op oorlewing na ‘n operasie minder is, maar hulle het plaas daarvan gevind hoe maerder ‘n pasiënt was, hoe groter was die risiko.
“Skraler pasiënte het ‘n merkbare hoër risiko om binne 30 dae na ‘n operasie te sterf,” het die hoofnavorser George Stukenborg van die Universiteit van Virginië in Amerika gesê.
Die navorsin is in die joernaal Archives of Surgery gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.