Skoon tande hou hartaanvalle, beroertes weg
2011-11-14 11:16
New York – Mense wat die tandarts gereeld besoek en hul tande laat skoonmaak verlaag hul kans om ‘n hartaanval of ‘n beroerte te kry, het navorsers bevind.
Die navorsers het meer 100 000 mense bestudeer wat nie voorheen hartaanvalle of beroertes gehad het nie.
Die Taiwanse navorsers het bevind mense wat hul tande twee keer per jaar by die tandarts laat skoonmaak het, was 24% minder geneig om ‘n hartaanval te kry en 13% minder geneig om ‘n beroerte te ly as mense wat slegs een keer per jaar, of selfs nooit, die tandarts besoek nie.
“Beskerming teen hartkwale en beroertes was beter by vrywilligers wat hul tande meer gereeld laat skoonmaak,” het die navorser Emily Chen van die Veterane-Hospitaal in Taipei gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.