Skole van SA, VSA werk saam teen vigs
2011-07-25 15:10
Johannesburg – Onderwyskenners en leerders van Suid-Afrika en Amerika sal Maandag 'n vigsvoorkomingsprojek in Manenberg op die Kaapse Vlakte bekendstel.
Die Manenberg Hoërskool en die Artesia Hoërskool in Los Angeles werk saam aan dié projek.
'n Woordvoerder van die Amerikaanse federasie van onderwysers, Smydge Perry, het gesê die projek sal leerders, onderwysers en administrateurs in staat stel om die internet en wêreldwye webtegnologie te gebruik om inligting uit te ruil oor die gevolge van MIV/vigs.
Perry het gesê dié inligting sal gebruik word om die verspreiding van die siekte in albei gemeenskappe te voorkom.
– Volg Nuus24 op Twitter.