Skei-prokureurs mal oor Facebook
2010-06-29 10:28
Kaapstad – Dis nou alles goed en wel om iemand via Twitter te vra om te trou of om jou verhoudingstatus by die altaar te verander, maar as jy daaraan dink om te skei, is dit miskien beter om jou vervreemde liefde te ‘unfriend’.
Wat jou voornemende eks op Facebook sien, mag dalk net teen jou gebruik word in die egskeidingsaak, berig Mashable.com.
Volgens ‘n verslag deur Associated Press is sosiale netwerke ‘n gunstelingbron van informasie vir prokureurs wat spesialiseer in egskeidings.
Meeste van dié prokureurs is geskok maar terselfdertyd verheug deur mense se geneigdheid om veel meer persoonlike informasie in die openbaar bekend te maak as wat absoluut nodig is.
So het een vrou toesig oor haar kinders verloor omdat sy gejok het en gesê het sy spandeer tyd saam met haar kinders terwyl sy eintlik besig was om Farmville of World of Warcraft te speel.
Kliek hier vir die volledige storie.