Skandeerder by lughawe smeer glo Kindle se 'ink'
2011-11-22 17:47
Londen – Verskeie gebruikers van die Kindle-e-leser beweer sekerheidskandeerders by lughawens het die elektroniese ‘ink’ op die toestel uitgestort.
Die gebruikers beweer die masjiene affekteer die toestel se skerm en maak die lees van die letters daarop byna onmoontlik.
Amazon, die aanlynwinkel en vervaardiger van die Kindle, het gesê die masjiene het geen uitwerking op sy toestelle nie, maar gebruikers maak hul stemme op internet-forums dik.
Daping Chu, die hoof van Cambridge-universiteit se sentrum vir gevorderde fotonika, het gesê dit is onmoontlik vir statiese elektrisiteit om die klein kapsules, wat met die magnetiese swart en wit deeltjies “ink” gevul is, te versteur.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.