Sjimpansees omhels mekaar ná vrylating

2011-09-09 10:06
Tweets Share Share line Print

Beeldmateriaal oor die vrylating van die sjimpansees is op YouTube te sien. Hier omhels hulle mekaar. (Foto: YouTube)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesbur – Aangrypende beeldmateriaal van ’n groep sjimpansees van Oostenryk wat mekaar vasdruk en omhels nadat hulle vir die eerste keer in 30 jaar in die natuur vrygelaat is, het webtuistes oor die wêreld heen aan die gons.

Die 38 sjimpansees is 30 jaar gelede kort ná hul geboorte in ’n navorsingseenheid deur ’n farmaseutiese maatskappy in aanhouding geplaas sodat eksperimente op hulle uitgevoer kan word.

Hulle is in afsondering geplaas sodat eksperimente vir die behandeling van MIV/vigs en geelsug gedoen kan word.

Die groep sjimpansees is in 1997 gered toe die maatskappy verkoop is. Daarna is hulle onder die sorg van kenners geplaas wat sedertdien probeer het om die diere weer in die natuur vry te laat.

Dierkundiges het Maandag die groen lig gegee dat die diere uiteindelik in die natuur vrygelaat kan word.

Op die beeldmateriaal kan duidelik gesien word hoe hulle eers onseker en dan nuuskierig in die lug opkyk.

Daarna lyk dit asof hulle feesvier en ’n paar gryp mekaar om die nekke om stywe drukke te gee.

’n Ooggetuie het gesê die sjimpansees het mekaar omhels asof hulle hul vryheid wou vier. Hulle het ook gelag.

Renate Foidl, wat betrokke was by hul vrylating, het gesê die sjimpansees is verskriklik gelukkig. “Dit is ’n wonderlike gebeurtenis. Ek wag al jare vir dié oomblik.”

Hennie Butler van die departement dierkunde en entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat wat spesialiseer in dieregedrag, sê diere het beslis emosie.

“Diere het persoonlikhede en ervaar emosies.

“Omdat hierdie sjimpansees in afsondering was en nie die natuur ken nie, sal ek eerder sê hulle het mekaar vasgehou omdat hulle onseker gevoel het.”

Hy sê dit is ’n nuwe omgewing en die aanraking is dikwels ’n teken van vertroosting.

“Maar mens kan vir seker van diere verwag om in dié omstandighede ’n baie sterk emosie te ervaar,” sê Butler.

Kyk hier na die sjimpansees se emosionele vrylating.



– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: diere  |  dierebeskerming  |  sjimpansee

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.