Sjimpansee van Tarzan-faam sterf

2011-12-29 09:16
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Cheetah, die sjimpansee wat in die vroeë 1930’s in die Tarzan-flieks gespeel het, is in die rype ouderdom van 80 dood.

Hy was sedert 1960 in die Suncoast Primate Sanctuary in Florida, Amerika.

Me. Debbie Cobb van dié veilige hawe het gesê hy is op 24 Desember aan nierversaking dood nadat hy vyf dae vroeër siek geword het.

Cheetah het saam met Johnny Weismuller, wat die rol van Tarzan vertolk het, in van dié gewilde flieks gespeel.

Weismuller, ’n Olimpiese swemmer, is in 1984 in die ouderdom van 79 dood.

“Cheetah het ’n goeie geaardheid gehad en was lief daarvoor om mense te sien lag. Dit het voorgekom of hy ingestel was op mense se gevoelens,” het Cobb gesê. “Hy het ook van vingerverf gehou”.

Mnr. Eugene Cussons, besturende direkteur van die Jane Goodall Instituut Suid-Afrika se Sjimpansee Eden, buite Nelspruit, het gister aan Die Burger gesê 80 jaar vir ’n sjimpansee is besonders oud.

“Maar sijmpansees raak amper net so oud soos mense, gewoonlik so 65 jaar. Hul lewensfases stem baie met ons s’n ooreen.”

Cussons het gesê sjimpansees gaan gou dood as hulle alleen aangehou word en depressief raak. “Hulle moet in ’n groep wees, hulle moet gestimuleer word met aktiwiteite en hul habitat moet so na aan die natuurlike een as moontlik wees.”

By dié veilige hawe is die oudste sjimpansee tans die 59-jarige Joao, met wie dit goed gaan.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.