Sjimp-slagoffer eis miljoene
2009-11-05 04:24
New Haven – Die familie van die vrou wat deur ‘n sjimpansee verskeur en verblind is, wil die staat vir sowat $150 miljoen (R1.1 miljard) dagvaar.
Die prokureur vir die familie van Charla Nash het Woensdag ‘n versoek by die hof ingedien waarin toestemming vir die dagvaarding aangevra word.
Die sjimpansee (90kg), Travis het Februarie vanjaar mal geword toe sy eienaar vir Nash gevra het om die sjimpansee terug in die huis te help lok.
Die dier het Nash se hande, lippe, neus en ooglede van haar liggaam afgeruk.
Sy is tans in ‘n stabiele toestand by die Cleveland Clinic in Ohio.
‘n Bioloog van Connecticut het amptenare egter vooraf gewaarsku dat Travis moontlik ‘n gevaar vir ander kan wees.
Richard Blumenthal, die staatsadvokaat-generaal het gesê die hofsaak kom “ ongehoord in grootte voor” en die aanval is ‘n “afskuwelike tragedie”.
- Sapa-AP