Sjimp-aanval: Vrou kry dalk oorplanting
2010-05-11 14:17
New Haven – ‘n Vrou wat deur ‘n sjimpansee vermink is, ondergaan voorlopige evaluering in Massachusetts om vas te stel of sy ‘n potensiële kandidaat is vir ‘n gesig- en handoorplanting.
Die Brigham-vrouehospitaal het Maandag in ‘n verklaring gesê Charla Nash sal vir ‘n paar dae evaluering by die Harvard Mediese Skool in Boston ondergaan.
Nash is verlede week vanaf die Cleveland-kliniek na ‘n sentrum in Boston verskuif, waar sy beplan om haar rehabilitasie voort te sit. Die familie probeer om haar presiese bestemming geheim te hou.
Die sjimpansee van 91kg het in Februarie 2009 berserk geraak toe sy eienaar Nash gevra het om te help om die dier terug in haar huis in Stamford te kry.
Die dier het Nash se hande, neus, lippe en ooglede afgeruk.
- AP
Volg Nuus24 op Twitter.