Siemens stel nuwe Suidelike Afrika HUB aan
2009-07-13 10:00
Johannesburg- Die internasionale tegnologiegroep, Siemens, het Stuart Clarkson as hoofuitvoerende bestuurder (HUB) van Siemens Suidelike Afrika van 1 Julie vanjaar aangestel.
Clarkson, voorheen hoof van die nuutgevormde Siemens-industrie in Suid-Afrika, vervang Siegmar Proebstl wat sal terugkeer na Duitsland.