Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Sewe minute van drama' kan Nasa-sending kelder

2012-08-02 12:29
Tweets Share Share line Print

Washington – Terwyl die grootste en beste ruimte-verkenningstuig ooit stadig maar seker nader aan Mars beweeg, staal 'n span tegnici by die Amerikaanse ruimte-agentskap (Nasa) hulle vir sewe van die mees dramatiese minute in die geskiedenis van ruimteverkenning.

Die Curiosity-verkenningstuig, wat elke dag 'n bietjie nader aan sy eindbestemming op Mars reis, word op 6 Augustus op dié planeet verwag.

‘n Gewilde video op die internet, met die titel “Seven Minutes of Terror”, wys hoe tegnici beplan om vir die eerste keer ooit ‘n vuurpyl-aangedrewe hyskraan te gebruik om dié verkenningstuig saggies op Mars se oppervlak neer te sit.

Die Mars-wetenskap­laboratorium-projek, wat 'n volle $2,5 miljard (sowat R20 miljard) kos, gebruik die gesofistikeerde Curiosity-verkenningstuig om verskeie klippe op Mars te ondersoek vir leidrade wat wetenskaplikes kan help om vas te stel of daar ooit lewe op die Rooi Planeet was.

“Ek sal die eerste een wees om te erken dat hierdie soos ‘n absurde projek lyk,” het Bill Nye, ‘n bekende Amerikaanse wetenskaplike en president van die Planetary Society, gesê.

“Die mense wat aan die projek gewerk het, is die beste in die wêreld, so ek dink al die ingenieurs-besluite sal redelik akkuraat wees.”

Die verkenningstuig sal die Gale-krater op Mars verken. Nasa verwag dat hierdie krater dalk die onbekende verlede van Mars kan blootlê.

Wetenskaplikes weet nou aansienlik meer van Mars as 50 jaar gelede. Hulle weet nou dat Mars eens op ‘n tyd water gehad het, wat die waarskynlikheid van mikrobiese lewe aansienlik verhoog.

Daar word selfs gehoop dat wetenskaplikes dalk in die nabye toekoms op Mars se oppervlakte kan begin boor om te sien of daar dalk nog water onder die grond vloei.

Vir eers sal die Curiosity Mars se oppervlak verken en foto’s terugstuur aarde toe.

Die projek is al vir 12 jaar aan die gang, en is van stapel gestuur toe Nasa se Polar Lander in 1999 kontak met die aarde verloor het.

Meer as die helfte van ekspedisies na Mars het al misluk.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

Lees meer oor: mars  |  ruimtevaart
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

ErnusSmit sê... Wonder hoeveel geld aan subkontrakteurs betaal was? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.