Selfoonreuse skik
2012-11-11 13:00
Video - Apple stel iPad Mini bekend
Apple het 'n kleiner weergawe van sy gewilde tabletrekenaar, die iPad, bekendgestel. Kry hier al die besonderhede oor die iPad Mini.
KYK
Taiwan – HTC, Taiwan se leidende slimfoonvervaardiger en een van die grootste selfoonvervaardigers in die wêreld, het Sondag gesê hy het 'n wêreldwye skikking met die tegnologiereus Apple bereik, wat 'n einde bring aan die regstryd tussen dié twee maatskappye.
Die skikking sluit in 'n 10 jaar lange ooreenkoms oor die gebruik van patente, het HTC in 'n verklaring gesê.
"HTC is verheug dat sy geskil met Apple besleg is, sodat HTC kan fokus op innovering, pleks van regsaksie," het Peter Chou, HTC se uitvoerende hoof, gesê.
Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, het die ooreenkoms bevestig: "Ons is bly dat ons 'n ooreenkoms met HTC bereik het."
"Ons sal voortgaan om sterk te fokus op produkinnovering."
HTC en Apple was in meer as 20 hofsake oor die wêreld heen betrokke. Meer besonderhede oor die ooreenkoms is nie beskikbaar gestel nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP