Selfoon sê hoe mooi of lelik jy is
2010-10-20 15:43
Kaapstad – 'n Nuwe iPhone-program besluit nou of gesigte mooi of lelik is.
Die Ugly Meter-program skandeer ‘n foto van iemand se gesig, en volgens beginsels van simmetrie sowel as sekere gelaatstrekke word daar ‘n telling tussen 1 en 10 van die persoon se aantreklikheid gegee .
‘n Telling van 10 is, volgens die program, ‘n lelike gesig.
“Jy’s so lelik, die toilet spoel as jy verby die badkamer stap,” sê die program oor enige gesig wat ‘n telling van 10 behaal.
Die ontwerpers van die program sê hulle het dit nie ernstig bedoel nie.
Kenners is egter van mening dat dié tipe program groot skade kan aanrig aan veral tieners se selfbeeld.
Die program kos omtrent R6 en is blykbaar al meer as 20 000 keer afgelaai.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.