Selfone maak nou musiek
2009-12-03 17:27
New York – Welkom by die orkes van die 21ste eeu, iPhones. Dié toestelle word deesdae ook as musiekinstrumente gebruik tydens ‘n nuwe kursus wat by ‘n universiteit in Amerika aangebied word.
Studente aan die Universiteit van Michigan leer hoe om instrumente op hul Apple Inc Smartphones te ontwerp, bou en speel en sal op 9 Desember ‘n konsert hou om hul musiek ten toon te stel.
Die universiteit sê dit glo dié kursus, genaamd die “Building a Mobile Phone Ensemble" is die eerste van sy soort in die wêreld. Dit word deur Georg Essl, ‘n rekenaarwetenskaplike en musikant wat aan die ontwikkeling van selfone en musiekinstrumente gewerk het, aangebied.
Essl en sy kolegas het ‘n paar jaar gelede begin om die mikrofone van selfone as wind sensors te gebruik en so doende iPhones in staat gestel om die Ocarina-toepassingsprogram beskikbaar te stel. Die selfoon kan dan as ‘n soort blaasinstrument gebruik word.
"’n Selfoon is ‘n baie goeie platform om nuwe vorme van musiek te verken. Ons kan interessante en ongewone dinge doen. Dit is ‘n tegnologie wat nog in sy baba-jare is maar wat baie spasie vir groei het,” het Essl gesê.
- Reuters