Selfone kan maak dat Afrika gou e-leer

2010-07-05 12:08
Tweets Share Share line Print

Beeld

Kaapstad – Internettoegang via selfone is die antwoord vir elektroniese onderrig (e-onderrig) in Afrika.

Dit is die mening van verskeie Kaapse internetkenners wat met e-onderrig werk.

Hulle het gereageer op ’n navraag oor Johann Rupert, die sakemagnaat, se stelling Maandag by Fortune, Time en CNN se wêreldforum dat die internet Afrika se onderwysprobleem kan oplos.

Johann van Tonder, ’n internetstrateeg van Naspers, het gesê die internet-penetrasie in Suid-Afrika is tot dusver swak.

Die grootste uitdaging was gebrekkige bandwydte. Die probleem is egter gepak met ’n ondersese kabel wat aangelê is en nog een wat op pad is.

Die Seacom-kabel is ’n optiese vesel-onderwaterdatakabel wat Suid-Afrika met die wêreld verbind via die ooskus van Afrika.

Dit is die eerste onderwaterkabel wat langs die ooskus van Afrika geïnstalleer is.

Mededingers is besig om tot die mark toe te tree, wat internet nog goedkoper en meer toeganklik gaan maak.

Groter toeganklikheid sal e-onderrig outomaties laat toeneem.

“Op die oomblik is die internet nog ’n ‘ding’, mettertyd sal dit - soos elektrisiteit - ’n gegewe word.”

Selfone gee ook vir toenemend meer mense internettoegang.

Juliet Stoltenkamp, e-opvoedingsbestuurder by die Universiteit van die Wes-Kaapland, het gesê die grootste uitdaging om e-opvoeding te bevorder, is om dosente te oorreed om hul onderrigmetodologie te verander.

UWK kyk tans na ’n projek om tegnologie so te ontwikkel dat studente aan aanlyn-gesprekke via hul selfone kan deelneem.

“Dit kan ongelooflike moontlikhede vir Afrika inhou.”

Tony Carr van die sentrum vir tegnologie en ontwikkeling by die Universiteit van Kaapstad het gesê die universiteit is verbind tot die bevordering van die internet in die akademie.

Aanlyn-onderrig word gebruik om kursusse vir studente in verskeie lande, wat slegs vir kort tydperke by die universiteit kan wees, aan te bied.

Susan van der Merwe, woordvoerder van die Universiteit Stellenbosch (US), het gesê die US is een van die mees innoverende universiteite in die land wat tegnologie betref.

Hulle het ’n e-kampus wat tegnologie gebruik om onderrig en navorsing te bevorder. 

- Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: onderwys  |  internet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.