Selfone kan kankerrisiko vergroot – WGO-groep

2011-06-02 08:55
Tweets Share Share line Print

Londen – Die gebruik van ’n selfoon kan die ontwikkeling van sekere soorte breingewasse versnel en verbruikers moet aan ’n manier dink om hul blootstelling aan selfone te verminder, het kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vandeesweek gesê.

’n Oorsig van alle beskikbare wetenskaplike bewyse het gesuggereer dat die gebruik van selfone as “moontlik karsinogenies (kankervormend)” geklassifiseer behoort te word, het ’n werkgroep, wat bestaan uit 31 wetenskaplikes van 14 lande, op ’n vergadering van die WGO se internasionale agentskap vir kanker- navorsing (IARC) gesê.

Dié klassifikasie, wat die gebruik van ’n selfoon in dieselfde breë IARC-kategorie vir die risiko van kanker plaas as lood, chloroform en koffie, kan die WGO noop om sy riglyne vir selfone te hersien, het die wetenskaplikes gesê.

Langer en meer gedetailleerde navorsing is nodig voordat ’n definitiewe antwoord oor enige verband gegee kan word.

Voorheen was die WGO van mening dat daar geen getuienis was oor ’n verband tussen die gebruik van selfone en kanker nie.

“Ná oorweging van al die relevante getuienis ... het die werkgroep elektromagnetiese velde van radiofrekwensie as moontlik karsinogenies by mense geklassifiseer,” het Jonathan Sa­met, voorsitter van die IARC-werkgroep, op ’n telefoniese mediakonferensie gesê.

Sommige getuienis suggereer ’n verband tussen die gebruik van selfone en ’n verhoogde risiko vir glioma, ’n soort breinkanker, het Samet gesê.

Groepe in die selfoonbedryf het die uitspraak dadelik begin afmaak en beklemtoon dat selfs produkte soos gepiekelde groente en koffie as “moontlik karsinogenies (kankervormend)” geklassifiseer is.

“Die IARC-klassifikasie beteken nie selfone veroorsaak kanker nie,” het John Walls, visepresident vir openbare skakeling van CTIA, die Amerikaans gebaseerde groep vir die vervaardigingsbedryf van mobiele toestelle, gesê.

Walls het bygevoeg dat die IARC-werkgroep net bestaande navorsing vertolk het en nie self nuwe navorsing gedoen het nie en dat die Amerikaanse voedsel- en-medisyne-owerheid (FDA) reken “wetenskaplike bewyse het nog nie die gebruik van selfone met enige gesondheidsprobleme verbind nie”.

Volg Nuus24 op Twitter.

– Reuters Life!

- Beeld

Lees meer oor: kanker  |  selfone  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.