Selfmoord het selde net een rede, sê kenner

2011-09-30 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Hy glo nie altyd die beeld wat mense na buite uitdra nie.

Ná bykans 40 jaar in die sielkunde, weet hy dat dit wat mense vir die wêreld wys, nie noodwendig is wat in hul binneste aangaan nie.

Prof. Dap Louw, ’n forensiese sielkundige van Bloemfontein, sê hoewel selfmoord vir talle mense “vreemd en onlogies” is, is dit nie altyd sy ervaring nie.

Edwin du Plessis, kliniese sielkundige en ’n dosent in sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê daar is selde slegs een rede waarom mense besluit om hul eie lewe te neem.

Hoewel Louw hom oor geen spesifieke gevalle wou uitlaat nie, sê hy dat onderliggende gemoedsversteurings, soos depressie, vrugbare grond vir selfmoord skep.

Verskeie selfmoordtreurspelle het hulle in ’n kort tydperk in die Vrystaat afgespeel.

Die dood van Nicolene Hugo (51), die vrou van Dawie Hugo, hoof van die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein, het vandeesweek mense oor die land heen geskok.

Hugo is Sondag dood nadat sy op die N1 sowat 50 km buite Bloemfontein eers voor ’n vragmotor ingery het en toe sy dit oorleef, voor ’n kleiner vragmotor ingehardloop het.

Die vriendelike, positiewe vrou se laaste oomblikke van hulp- en hopeloosheid was vir talle, onder wie haar eie familie en vriende, ’n ontnugtering.

Paul Johnson (52), ’n apteker van Winburg, het op dieselfde dag sy apteek se deure agter hom toegemaak en homself daarbinne met ’n jaggeweer deur die hart geskiet.

In nog ’n voorval het Casper Badenhorst (42), ’n bekende Bloemfonteinse makelaar, homself dae tevore op sy voorstoep geskiet terwyl sy vrou, Gusta, hul jong kinders by die skool gaan aflaai het.

Louw verwys na Shakespeare wat gesê het die wêreld is ’n verhoog en elkeen vertolk ’n rol.

“Party mense sal sê dit gaan goed met hulle, maar binne hulle is dit ’n worsteling.”

Hy meen veral depressiewe mense is geneig om maskers te dra.

“Die mense wat agterbly, verkies meermale om slegs die mooi van die persoon te onthou of voor te hou, dikwels om die persoon se nagedagtenis te beskerm.

“Dit gebeur natuurlik ook dat selfs mense na aan hulle nooit agter die masker kan kom nie.”

Hy sê selfs die vroue van reeksmoordenaars is gewoonlik verstom dat hul mans die skuldiges is waarna die polisie so lank gesoek het. Dit wys hoe doeltreffend mense dikwels hul ware self vir ander verberg.

Louw sê veral in gevalle van chroniese depressie kan ’n relatief geringe emosionele ontsteltenis die sneller wees wat sodanige mense oorweldig.

“Soms is dit net die laaste strooi wat die kameel se rug breek.”

Mense is geneig om depressie te assosieer met iemand wat ooglopend ongelukkig en huilerig is. Dit is nie waar nie.

“Dit is net meer sosiaal aanvaarbaar om gelukkig te wees.”

Hy sê mense maak soms asof hulle gelukkig is om ander te mislei.

Du Plessis sê hoewel selfmoorde partymaal oënskynlik impulsief is, het die persoon waarskynlik al geruime tyd die gedagte beredeneer.

Hy sê mense pleeg selde selfmoord oor ’n enkele rede.

“Ons wil hê ’n mens moet kan sê dit of dat was die oorsaak, maar die redes is gewoonlik baie kompleks met verskeie faktore wat ’n rol speel.”

Volgens Du Plessis is die tekens in jong mense dikwels meer sigbaar: Hulle praat baie oor die dood en hoe dit sal wees as hulle doodgaan.

Soms is die tekens egter veel onduideliker.

“Ons wat in die geestesgesondheid-veld werk, weet gemaskerde depressie, soos ons dit noem, is sekerlik die gevaarlikste soort depressie, want dit is nie altyd opmerklik nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: depressie  |  studies  |  sielkunde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.