Seks kan jou geheue skoonvee
2011-10-14 13:09
New York – Daar is toe tóg iets soos muisneste – navorsers het bevind seks vee tussen drie en vyf mense per 100 000 se geheue skoon.
Die navorsers het ‘n vrou in haar 50’s bestudeer wat haar geheue verloor het kort na sy seks gehad het.
Die navorsing is in die Journal of Emergency Medicine gepubliseer en die navorsers het gesê die vrou kon niks van die vorige 24 uur onthou nie.
Hulle beweer sy het aan “tydelike geheueverlies” gely – ‘n seldsame vorm van geheueverlies wat die korttermyn geheue tydelik skoonvee.
“Ons weet nie baie van die geval nie,” het Sebastian Ameriso, ‘n neuroloog van die Instituut vir Neurologiese Navorsing in Buenos Aires wat nie aan die studie gewerk het nie, gesê.
“Dit wek baie kommer, maar dit is nie ‘n beroerte of iets soortgelyk wat die brein skade aandoen nie,” het hy gesê. "Dit is in die meeste gevalle onskadelik."
Navorsers het voorheen bevind harde oefening kan geheueverlies tot gevolg hê en hulle beweer dit is die rede vir die vrou se geheueverlies.
Tydelike geheueverlies soos dié kan ‘n mens glo net een keer oorkom.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.