Sega gekraak, 1 milj. se besonderhede gesteel
2011-06-20 16:57
Londen – Sega het gesê 1,29 miljoen gebruikers se persoonlike inligting is tydens ‘n kuberaanval op sy netwerke gesteel.
Die speletjiesvervaardiger het gesê kuberkrakers het e-posadresse en geboortedatums, wat op die Sega Pass-databasis gestoor is, verkry.
Sega het egter gesê die gebruikers se kredietkaartbesonderhede is geheim gehou en is veilig.
“Ons is verskriklik jammer hieroor,” het die Japanse maatskappy se woordvoerder, Yoko Nagasawa, gesê.
“Ons wil ons sekerheid verskerp,” het sy bygevoeg.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.