Seeskilpad skitter op YouTube
2010-06-17 15:25
Miami – ‘n Seeskilpad het ‘n waterdigte kamera in die Karibiese See opgespoor, op een of ander manier aangeskakel, homself verfilm, en is nou ‘n reuse-YouTube sensasie.
Paul Schultz , ‘n Amerikaanse kuswag, het in Mei ‘n digitale kamera op ‘n strand in Key West, Florida, opgetel. Hy het beeldmateriaal op die kamera ontdek en dit op die web geplaas in ‘n poging om die eienaar op te spoor.
In ‘n video wat op die video-netwerk YouTube geplaas is, skakel die skilpad op een of ander manier die kamera aan en swem daarmee terwyl hy verfilm word.
“Die laaste ding wat die eienaar geskiet het, is ‘n onderwater-video, dan gaan dit direk na hierdie video toe,” sê Schultz.
Schultz het wel die eienaar van die kamera opgespoor en dit aan hom terug besorg.
Kyk die video hier
Volg Nuus24 op Twitter.