Seekoei het haar eie Facebook-blad

2011-11-18 10:08
Tweets Share Share line Print

Hoedspruit – Sy weeg 1,2 ton, het haar eie Facebook-blad, hou van tee en slaap in die aand op ’n matras met ’n duvet op die huis se stoep.

Die “mak” seekoei Jessica is boonop wêreldbekend en meer as 80 dokumentêre TV-programme is al oor haar gemaak.

Volgens Tonie Joubert, haar eienaar, is daar “’n wêreld se verskil” tussen Jessica en Humphrey, die seekoei wat Marius Els van Orkney die naweek doodgemaak het.

“Ek het hom (Els) meer as een keer gewaarsku om versigtig te wees,” het Joubert, wat 45 jaar lank ’n veldwagter was, gesê.

Volgens hom het Els hom meer as een keer gebel om te hoor wat “die beste” vir Humphrey is. “Ek het vir hom gesê om vir hom ’n vers te kry en hom alleen te los in ’n dam op sy plaas.”

Joubert het gesê nie alleen het Humphrey se testosteroonvlakke tot sy aggressie bygedra nie; hy het ’n geskiedenis van probleme. Els was glo die vierde eienaar van die dier. “Die seekoei het nie ’n band met iemand gehad nie.” Boonop is bulle meer territoriaal as koeie.

“Wat met Els en Humphrey gebeur het, is bitter tragies,” het Joubert gesê.

Hy en sy vrou, Shirley, het ’n noue band met Jessica, wat in die Blyderivier voor sy plaas bly sedert sy vyf dae oud is. Sy het nog haar naelstring aangehad toe Joubert op haar op een van die walle afgekom het. Haar ma is dood.

“Jessica is vry om te kom en gaan soos sy wil. Ons dwing niks op haar af nie. Sy wil by ons wees,” het Joubert gesê.

Jessica is 11 jaar en 8 maande oud. Sy swem in die aand in die rivier na ’n plek waar ander seekoeie bly. Sy gaan altyd terug na die Jouberts se huis.

Die Jouberts het gesê mense moenie wat met Els gebeur het, met hul situasie vergelyk nie. “Dit is glad nie dieselfde nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: seekoeie  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.