Saturnus-ruimtetuig keer eers in 2017 terug
2010-02-05 01:48
Kaapstad – Nasa het weereens die terugkeer van die internasionale Cassini-Huygens ruimterobot uitgestel.
Die onbemande Cassini-Huygens robot het in 2004 by Saturnus aangekom vir 'n opdrag wat slegs vier jaar moes geduur het.
Dié spertyd is egter voorheen uitgestel tot 2010, en nou weer tot so ver as 2017.
Cassini het in 2007 'n nuwe ring om Saturnus ontdek, en kon ook bewyse bymekaarmaak wat wys dat daar vloeibare water onder die oppervlak van een van Saturnus se mane, Enceladus, voorkom.
Lees meer by BBC News