Sasol vra studie oor sonkrag

2012-02-03 08:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die petrochemiese reus Sasol het BrightSource Energy, ’n Amerikaanse sonkragtegnologiegroep, en die internasionale kragtoerustingsgroep Alstom gekontrakteer om ’n ingenieursontwerpstudie oor gekonsentreerde sonkrag in Suid-Afrika te doen.

BrightSource, wat in 2006 gestig is, spesialiseer in sontoringtegnologie. Dit is waar ’n reeks spieëls die son se strale op ’n sentrale toring konsentreer en die hitte gebruik word om stoom op te wek. Die stoom word dan gebruik om elektrisiteit op te wek.

Volgens Henri Loubser, uitvoerende hoof van Sasol New Energy, sal die studie na verwagting teen die derde kwartaal van vanjaar voltooi wees. Dit sal fokus op die bou van ’n sonkragaanleg van 125MW.

Loubser sê hoewel ’n moontlike sonkragprojek waarskynlik te laat sal wees vir die eerste ronde van die regering se aankoopprogram vir hernieubare energie wat einde verlede jaar begin het, sal Sasol graag aan latere rondes wil deelneem.

Namate die koste van gekonsentreerde sonkrag afneem, sal Sasol elektrisiteit vir eie gebruik wil opwek.

Loubser sê hopelik sal die ingenieursontwerpstudie lesse insluit uit BrightSource se huidige projek om sonkrag-opgewekte stoom aan die oliegroep Chevron te lewer op ’n olieveld in Amerika waar stoom gebruik word om olie-ontginning te verbeter.

’n Beleggingsbesluit oor ’n sonkragaanleg vir Sasol kan teen middel volgende jaar geneem word afhangende van die uitslag van die studie.

Joe Desmond, senior visepresident vir kommunikasie en regeringsake van Bright-Source Energy, sê die maatskappy se sontoringtegnologie gebruik lugverkoeling, wat 95% minder water gebruik as paraboliese-trogtegnologie – die ander hooftegnologie vir gekonsentreerde sonkrag.

Desmond sê die maatskappy waaruit BrightSource ontstaan het, het 25 jaar gelede in Kalifornië sy eerste paraboliese-trog-sonkragaanleg gebou en tussen die eerste en die negende aanleg het koste met 50% gedaal.

Die tegnologie het drie hooftoepassings: kragopwekking, stoomopwekking vir verbeterde olie-ontginning en hitteverskaffing vir gebruik by ontsoutingsaanlegte of in ander nywerhede.

VSasol het volgens I-Net Bridge Donderdag gesê sy verdienste per aandeel in die halfjaar tot einde Desember is tussen 80% en 90% hoër as ’n jaar tevore, grootliks danksy hoër oliepryse en ’n swakker rand-dollar-wisselkoers.

Sasol maak op 12 Maart sy halfjaarresultate bekend.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sasol  |  sonkrag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline MY05
2007
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.