Sasol, ander wil gas ontgin in Vrystaat

2011-06-22 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Multinasionale konsortium, waarvan Sasol deel is, het sy oë op ’n groot deel van die suidelike Drakensberg, KwaZulu-Natal en die Vrystaat vir die ontginning van gas deur hidro-breking.

Robin Barnsley, president van Kwanalu, die KwaZulu-Natalse arm van AgriSA, het Dinsdag gesê hy het onlangs “toevallig” van Sasol se planne uitgevind.

Volgens Barnsley voel die boere in KwaZulu-Natal oorweldig deur al die aansoeke om mynbou, gasontginning en prospektering vir steenkool en ander metale in die provinsie.

Cobus Jansen, Sasol se mediabestuurder, het gister bevestig dié maatskappy is saam met sy Noorse vennoot, Statoil en Chesapeake, Amerikaanse gasprodusent (hidrobreker), besig om ’n gebied van 88 000 km² te fynkam op soek na skaliegas.

Volgens Jansen is die konsortium nog net besig met studies op ’n rekenaar. Die gebied sluit ook ’n deel van die Karoo en die Oos-Kaap in.

Barnsley het gesê die gebied waarin die konsortium belang stel vir hidrobreking is in van die mooiste en waterrykste dele van die Drakensberg. Baie van KwaZulu-Natal se grootste riviere, soos die Umko-maas- en Umgenirivier, ontspring in dié gebied.

Benewens dié planne vir die prospektering van gas is KwaZulu-Natal se boere die laaste tyd oorval deur prospekteeraansoeke. Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, het gesê hy weet van minstens 1 000 prospekteeraansoeke vir KwaZulu-Natal wat by die departement van mynbou ingedien is.

Barnsley het gesê die soeke na energiebronne in dié provinsie gaan die gebied se water heeltemal verwoes.

Boere in KwaZulu-Natal het gedink die gas-en-steenkoolontginningskrisis is net “’n Karoo-en-Mpumalanga-probleem”, maar nou steek dit daar ook kop uit.

Jansen het gesê die konsortium het vir ’n jaar vergunning by die Petroleum-agentskap van Suid-Afrika gekry om na die gas te soek.

“Ons vermoed dit is skaliegas. Sasol het onlangs ’n vennootskap met Talisman Energy, ’n Kanadese maatskappy, gesluit vir hidrobreking in Kanada. Ons is besig om met die beste tegnologie ter wêreld gas in Kanada met behulp van hidrobreking te ontgin.

“Ons is ’n verantwoordelike maatskappy en sal nooit die omgewing opoffer vir gasontginning nie.”

Hy het bygevoeg die ontdekking van ’n groot hoeveelheid aardgas kan Suid-Afrika uit sy energiekrisis help en ’n groot aantal werkgeleenthede skep.

“Ons is bewus van die moratorium op hidrobreking en daarom mag ons in dié stadium geen gate boor nie.” Hy het beloof die burgerlike gemeenskap sal ten volle ingelig word oor Sasol en sy vennote se planne.

Barnsley het Sasol gewaarsku dat die boere in KwaZulu-Natal nie aan die slaap is nie en hulle dophou en sal verseker dat hulle binne die raamwerk van die wet optree.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: hidro-breking

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.