Sardientjie-pret in Durban
2010-07-14 15:28
Durban – Nagenoeg 1000 het op die strand in Margate vergader om ‘n massiewe skool sardientjies in te wag – net in hand, natuurlik.
“Die mense geniet dit verskriklik baie,” het Mike Anderson-Reade, uitvoerende hoof van die haairaad, gesê.
Daar sal na verwagte Donderdag nog sardientjies by die Pumela-strand wees.
Die jaarlikse sardientjie-loop is ‘n gewilde familie-aktiwiteit in Durban.
Mense wag die skool sardientjies met mandjies, nette en emmers in om soveel as moontlik huis toe te neem vir ‘n feesmaal van dié geurige blink vissie.
Volg Nuus24 op Twitter.