Saoedi-Arabië verbied Blackberry-boodskapdiens
2010-08-02 03:23
Riaad, Saoedi-Arabië - 'n Telekommunikasiebeampte in Saoedi-Arabië sê dié land gaan later vandeesmaand Blackberry se boodskapdiens verbied.
Die beampte het nie verduidelik hoekom dié besluit gemaak is nie, maar intussen het die Verenige Arabiese Emirate (VAE) Sondag gesê hy gaan vanaf Oktober kommunikasie- en webdienste op Blackberry-selfone verbied.
Die VAE het gesê kommunikasie wat deur middel van die internet deur die Blackberry-slimfone gestuur word, hou moontlik ’n bedreiging vir nasionale veiligheid, asook “maatskaplike waardes”, in.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP