Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Sandy: Twitter speel sleutelrol in reddingswerk

2012-10-31 08:32
Tweets Share Share line Print

San Francisco – Terwyl Orkaan Sandy Maandag aan die VSA se ooskus verwoesting gesaai het, het miljoene Amerikaners hulle tot Twitter gewend as nuus- en nooddiens.

Dié sosiale netwerk het vir baie inwoners 'n sleutelrol gespeel in 'n tyd wat baie ander webwerwe en landlyndienste deur die stormweer buite aksie gestel is.

Regeringsagentskappe, nuusbronne en inwoners het die diens gebruik om waardevolle inligting te bekom, nuusflitse uit te stuur en selfs om hulp te ontbied.

Twitterprofiele soos dié van die New Yorkse goewerneur Andrew Cuomo (@NYGovCuomo) en die federale noodhulpagentskap (@FEMA), sowel as @NotifyNYC, 'n profiel wat deur New York se nooddienste bestuur word, is gebruik om belangrike nuus oor stormaktiwiteit en ontruimings te deel.

Terwyl die 911-noodnommer Maandag en Dinsdag 'n stortvloed oproepe ontvang het, het ander inwoners die brandweer se @fdny-profiel gebruik om inligting te vra en om hulp te ontbied.

Een bejaarde het met behulp van Twitter hulp gevra uit 'n gebou in Manhattan. 'n Ander gebruiker het 'n Instagram-foto aan die @fdny-profiel gestuur met drie houertjies insulien wat dadelik gevries moes word. Nog 'n Twitter-gebruiker het die netwerk gebruik om 'n kragopwekker te vind vir 'n vriend in die middestad wat 'n ventilator gebruik.

By die Rooikruis van Amerika se hoofkantoor in Washington D.C. is ses rekenaarmonitors gebruik om voere Twitter- en Facebook-boodskappe te vertoon, wat gebruik is om 'n kaart te skep wat kon wys waar hulp die nodigste is.

Dié kaart is gebruik om te bepaal waar die Rooikruis sy personeel ontplooi, het Wendy Harman, die Rooikruis se direkteur van sosiale strategie, gesê.

"Ons het uitgevind ons kan die Rooikruis se sending uitvoer deur [gebruik te maak van] die sosiale web," het Harman gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jay Jay sê... Johann Moss Kom ons hoop, jy word daardie keuse gespaar. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Kempton Park - 09:06 AM
    Road name: Elgin Road
    ROADWORKS - stop / go controls near the railway bridge
  • Saturday Craighall - 08:41 AM
    Road name: Jan Smuts Avenue
    SERIOUS ACCIDENT at Conrad Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.