SMS-wet voorkom nie ongelukke
2010-09-29 19:09
Washington – Wette wat mense verbied om te SMS terwyl hulle bestuur is nie effektief nie, en kan selfs tot onderduimse gedrag agter die stuurwiel lei, het ‘n studie bevind wat deur die Amerikaanse auto-assuransie industrie bevonds is.
Die nie-winsgewende organisasie, Highway Loss Data Instituut (HLDI), het Dinsdag gesê navorsing het bevind dat daar geen vermindering in botsing-eise was nadat die wet, om nie te SMS terwyl jy bestuur, in Amerika geimplementeer was nie.
“Die nuwe wet het glad nie ongelukke verminder nie,” het Adrian Lund, president van HLDI gesê.
Volgens hom gaan bestuurders oor na waaghalsige gedrag deur steeds skelm agter die stuurwiel te SMS.
Bestuurders neem wel kennis van die wet en skuif hul selfone onder die stuurwiel wanneer hulle SMS sodat ander nie kan sien wat hulle doen nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP