SAers kliek eerder vir Kersgeskenke
2010-11-24 11:04
Kaapstad – Volgens ‘n opname deur Kalahari.net wil dit voorkom of al hoe minder mense die winkels besoek om hul Kersfees-inkopies te doen, het Eyewitness News Woensdag berig.
Talle Suid-Afrikaners sal eerder met die kliek van ‘n rekenaarmuis winskopies op die internet soek, meen die opname.
Dit het verder getoon dat meeste hoop Kersvader gaan vir hulle van die nuutste tegnologie, soos die iPhone of e-boeke, bring.
Die maatskappy se woordvoerder, Liz Hillock, het gesê meer as 87% van Suid-Afrikaners besoek die internet om die regte Kersgeskenke te vind.
Lees meer by Eyewitness News
Volg Nuus24 op Twitter