SA vrou is allergies vir selfone, Wi-Fi
2011-06-03 12:23
Johannesburg - Lynn Ferreira is allergies vir tegnologie en dit is geen figuurlike fiemies wat dié 62-jarige vrou van Clanwilliam het nie.
Die stigting vir navorsing oor elektromagnetiese bestraling het gesê sy is nie die enigste een wat aan elektromagnetiese hipersensitiwiteit ly nie.
Ferreira bly op ‘n afgeleë plaas naby Clanwilliam waar sy ver van selfone, satellietskottels en WiFi-toestelle kan wees.
Toe haar man verlede jaar in Mei ‘n televisie gekoop het om na die Wêreldbeker-sokkertoernooi te kyk, het sy begin siek voel.
“Ek kon die elektrisiteit ruik en voel,” het sy gesê.
Volgens die stigting is naarheid, hoofpyn, slaapprobleme en kwale in die niere en lewer ook algemene simptome van “mikrogolfsiekte”.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vandeesweek gesê selfone kan moontlik lei tot “langtermyn gesondheidsprobleme” soos kanker.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.