SA vlakvark steel harte in Japan

2011-07-19 09:53
Tweets Share Share line Print

Org en die strik wat hom in Japan roem besorg het. (Erika Tempel)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – ’n Tweejarige Suid-Afrikaanse vlakvark, Org, wat hom elke aand tuismaak op ’n sitkamerbank voor die TV in Lephalale (Ellisras), is al tot in Japan bekend.

Erika Tempel (50) het hom sedert 2008 hans grootgemaak nadat ’n plaaslike veearts hom in die pad aangetref het.

Tempel en haar man, Hendrik, is die bestuurders van die Fahad-wildtuin in Lephalale naby die Botswana-grens en sien al jare om na weesdiere in die omgewing. Org is ook om dié rede na haar gebring.

Tempel het ook ’n gemeenskapsprojek, Hassah (wat “kosbaar” beteken), waar vroue van die omgewing kralewerk doen.

Die vroue maak ook sogenaamde sheswe-kopbande vir ’n bekende Japanse groep.

“Vir die snaaksigheid het ons toe vir Org ’n sheswe-strik in sy hare gesit, ’n foto geneem en vir dié Japanners ge-e-pos.”

Volgens Tempel het die Japanners ’n uitstappie na ’n dieretuin in Japan gereël om die vlakvarke daar te gaan ontmoet.

“Vandat Org agt maande oud is, stap ek elke dag lang ente met hom in die veld en vat hom daagliks vir ’n modderbad,” het Tempel vertel.

“Org leef in twee wêrelde, een van ’n wilde vark bedags en saans is hy nes ’n huismuis, oftewel (huis)vark wat binne slaap.”

In Junie het Org vir die eerste keer vir twee weke lank uitgeslaap.

“Hy het die meisie van sy drome ontmoet. Hulle het lekker lepelgelê in die een of ander gat wat hulle gegrou het.”

Tempel het gesê sy het gedink hy is vir altyd weg totdat Org dié meisie ’n paar keer huis toe gebring het.

“Nét tot op die grasperk waarna hy ewe vermakerig, stertjie in die lug weer saam met haar in die bosse in verdwyn het.”

Ná sowat twee weke het die vark teruggekeer na sy daaglikse roetine van soggens 06:00 uitgaan en saans 18:00 terugkom.

Saans vreet hy hom trommeldik aan hondeblokkies en dan malvalekkers vir nagereg, waarna hy hom op die bank gaan tuismaak.

Hy hou ook van mielies, maar moet daagliks met die neushoringvoëls daarvoor kompeteer.

Volgens Tempel gaan lê hy eerder bo-op die mielies as om dit met hulle te deel.

“Hy is nou so groot dat hy die hele driesitplekbank vol lê,” het Tempel gesê.

Soms deel hy die bank met die Tempels se honde en vier mak muishonde wat op sy lyf slaap.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: troeteldiere  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.