SA top-10 op Twitter
2009-10-19 21:01
Kaapstad – ’n Maatskappy wat navorsing oor Twitter doen, het Suid-Afrika as die tiende grootste gebruiker van dié sosiale netwerk aangewys.
Volgens die Kanadese navorsingsmaatskappy, Sysomos, maak SA sowat 0.85% van alle interaksie op Twitter uit, en skop daarmee sand in die oë van lande soos Japan (0.71%), die Filippyne (0.64%) en China (0.49%).
Die VSA is die wenner by verre met 62.14% Twitter-gebruikers.
Twitter lok jaarliks sowat 55 miljoen unieke besoekers per maand waarvan 467 500 gebruikers van SA is.
“Terwyl Twitter se groei deeglik opgeteken is, wou ons die soeklig plaas op hoe mense Twitter gebruik en die sleutelfaktore in gebruikers se agtergrond, demografie en aktiwiteite identifiseer,” het Nick Koudas, Sysomos se mede-uitvinder en uitvoerende-hoof in ‘n persverklaring gesê.
Nog statistieke uit dié verslag:
- 21% van Twitter-gebruikers het nog glad nie getweet nie.
- New York het die meeste Twitter-gebruikers gevolg deur Los Angeles en Toronto.
- Meer vroue (53%) as mans (47%) gebruik Twitter.
- News24
- Jy kan Nuus24 op Twitter volg. Volg MyNuus24 vir al die jongste agter-die-skerms-nuus vanuit die Nuus24-kantoor, of volg Nuus24 vir al die jongste nuushooftrekke.