SA se eerste nano-satelliet bekend gestel

2011-10-01 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Suid-Afrika se eerste nano-satelliet – wat binne net nege maande ontwikkel is – is Vrydag in Bellville onthul.

Dié piepklein satelliet wat 10 cm breed, 10 cm hoog en 10 cm lank is, moet nie onderskat word nie – hy het skop in sy lyfie van net meer as 1 kg.

Dit is gebou en ontwerp deur sowat 50 studente en dosente aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie se Frans-Suid-Afrikaanse Instituut vir Tegnologie (F’SATI), onder leiding van prof. Robert van Zyl, direkteur van die satellietprogram.

Die span is reeds besig om te werk aan ’n tweede, groter nano-satelliet van 30 cm by 10 cm. Die hoop is om die kleiner satelliet aanstaande jaar saam met ander soortgelykes met ’n vuurpyl te lanseer.

Die satelliete staan bekend as CubeSats, wat volgens internasionale ontwerpe en vasgestelde standaarde gebou word. Die satelliet wat gister op die kampus onthul is en nou in ’n “skoon kamer” gehou word, staan amptelik bekend as ZACUBE-01.

Hy het onder meer ’n kamera, telebevel- en telemetrie-radio’s en ’n hoë­frekwensie-bakensender aan boord. Dié sender sal gebruik word vir waarneming van die ionosfeer bo die suidpool.

Net voor die onthulling het Van Zyl aan die gehoor gesê: “Ek moet julle waarsku: Hy is klein. So klap asseblief hande vir die studente se onthalwe,” waarop die gehoor spontaan gereageer het.

Deesdae kan ons baie meer doen met veel minder, het Van Zyl gesê toe hy die CubeSat met Spoetnik vergelyk het.

Die eerste internasionale CubeSat werksessie in Afrika is pas by die kampus aangebied.

Dr. Philippe Willekens, uitvoerende direkteur van die Internasionale Ruimtevaart-federasie, het gesê sulke satelliete is ’n uitstekende manier om vaardighede aan studente te leer en dit kan bruikbare missies ook oplewer. Die uitdaging is om hulle gelanseer te kry.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.