SA-satelliet nog nie gelanseer
2011-03-31 09:54
Cayenne – ‘n Ariane-vuurpyl wat twee satelliete vervoer het se vlug is gekanselleer as gevolg van ‘n tegniese probleem op die oomblik wat dit geskeduleer was om op te styg, het ruimte-amptenare Woensdag gesê.
“Ons sal nou ‘n toets moet doen om uit te vind wat die probleem was en wanneer hy weer sal kan opstyg,” het Jean-Yves Le Gall, president van Arianespace, gesê.
Die Yahsat Y1A vir Al Yah Satellite Communications Company PrJsc van die Verenigde Arabiese Emirate en die Intelsat New Dawn vir New Dawn Satellite Company Ltd, ‘n samewerking tussen Intelsat en Suid-Afrikaanse vennote, was op die vuurpyl.
Die vuurpyl was geskeduleer om Woensdag van die Europese Ruimteagentskap se lanseerterrein in Kourou op te styg.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters