SA sal binnekort minder besoedel

2011-08-03 10:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrika is een van die 12 grootste lugbesoedelaars ter wêreld en die grootste in Afrika.

“Dáárom is die verantwoordelikheid op die land soveel groter om drastiese stappe te doen om sy kweekhuisvrystellings in te perk.”

Só het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, gister in Pretoria gesê in die program vir die aanloop tot die Verenigde Nasies se COP17-klimaatberaad wat einde vanjaar in Durban aangebied word.

Molewa het gesê Suid-Afrika as ontwikkelende land gaan die lug in die volgende nege jaar (tot 2020) erg besoedel, maar daarna sal die hoeveelheid kweekhuisgasse wat die land die atmosfeer instuur met 34% afneem.

Daarna sal dit ’n plato bereik wat vir 15 jaar gehandhaaf sal word.

In 2035 sal dit met 42% afneem.

Sy het gesê dit klink dalk na ’n teenstrydigheid dat Suid-Afrika steeds kragsentrales bou en steenkool verbrand. Sy het egter probeer verduidelik omdat die land nog besig is om te ontwikkel, het hy daardie “geleentheid” om tot 2020 (ter wille van ontwikkeling) die lug te besoedel.

“In die volgende nege jaar sal ons verskeie hernubare projekte inspan om die land te help om na ’n groen ekonomie oor te skakel.”

Sy het daarop gewys volgens die Internasionale Energie-agentskap was 2010 die jaar waartydens die meeste kweekhuisgasse ooit in die atmosfeer vrygestel is.

Dit is daarom dat Suid-Afrika die klimaatberaad gaan aanbied.

“Dit mag nie ’n mislukking wees nie. Die samesprekings in Durban mag nie die einde van die Kioto-verdrag beteken nie.”

Sy het daarop gewys dat Suid-Afrika se inwoners hulself sal moet voorberei om by klimaatsverandering aan te pas. Suid-Afrika sal namens die lande in Afrika die ontwikkelende wêreld probeer oortuig om ’n fonds spesiaal daarvoor op die been te bring, het sy gesê.

Die voorspelling is dat temperature aan die kus teen 2050 met tussen 1 °C en 2 °C gaan styg en dié in die binneland met 2 °C tot 3 °C.

“Ons sal dus daarby móét aanpas.”

Bome en beddens

    – 20 000 beddens gaan in Durban beskikbaar wees tydens die klimaatberaad.
    – 2 000 fietse en elektriese motors gaan ingespan word in ’n poging om die beraad se koolstofvoetspoor te verklein.
    – Die departement van omgewingsake gaan in die volgende paar maande met bewusmakingsveldtogte oor klimaatsverandering in al die provinsies begin.
    – Miljoene bome gaan van nou af tot in 2014 oor die land heen, maar veral in Limpopo, geplant word.
    – Die beraad is van 28 November tot 9 Desember.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.