‘SA produseer genoeg voedsel’
2011-06-27 18:56
Johannesburg – Die departement van landbou, bosbou en visserye se direktoraat vir internasionale handel het in die vierde internasionale handelsverslag bekend gemaak dat Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van primêre landbouprodukte was.
Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het gesê as daar beter voorligtingdienste beskikbaar was en grondhervorming beter hanteer is, sou dié goeie nuus selfs beter wees het.
“Suid-Afrika was nog al die jare ’n netto uitvoerder van primêre landbouprodukte,” het hy gesê.
Möller het gesê dit is juis goeie binnelandse produksie wat verseker het dat Suid-Afrika tot dusver die wêreldwye hoë kospryse en lae kosaanbod kon vryspring.
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad