SA minister is voorsitter van VN-beraad oor klimaat
2011-07-04 13:02
Johannesburg – Samesprekings oor klimaatsverandering ter voorbereiding van die volgende Verenigde Nasies-beraad in Suid-Afrika het in die Duitse hoofstad Berlyn begin.
Die vergadering, wat gesamentlik deur Suid-Afrika en Duitsland aangebied word, volg kort na 'n onsuksesvolle twee week lange konferensie in Bonn.
Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking in Suid-Afrika, deel die voorsitterskap van die vergadering met die Duitse minister van omgewingsake.
Kenners van 35 lande neem deel.
Dit sluit twee van die grootste klimaat-sondebokke, China en Amerika, in.
Suid-Afrika is in November die gasheer vir die VN se klimaat-beraad.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.