SA migreer nou nóg later na digitale TV

2012-01-27 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. - Die digitale migrasie-omskakelingsproses, waarvolgens Suid-Afrika se TV-seine van analoog na digitaal omgeskakel gaan word, gaan nog ’n spertyd mis.

Suid-Afrika sou teen 2014 die transformasie na digitale sein moes afgehandel hê.

Dina Pule, minister van kommunikasie, sê dit sal egter moeilik wees om by dié datum te hou.

Sy het vroeër dié week gesê die een groot mikpunt vir die jaar, die proses van dubbele illuminasie – waarvolgens digitale sowel as analoog tv-seine tegelykertyd uitgesaai sal word – sal nie meer in April gebeur nie.

“Die organisasies wat verantwoordelik is vir dié proses het aangedui hulle is nie gereed nie.

Die nuwe mikpunt vir dié dubbele illuminasie om in werking te tree is nou die derde kwartaal van die jaar.”

Die staatsbeheerde kommunikasie-agentskap Usaasa is verantwoordelik vir digitale migrasie in Suid-Afrika.

Dié organisasie is egter die laaste paar maande in ’n warboel en moes einde verlede jaar Phineas Moleele, sy uitvoerende hoof, op spesiale verlof plaas omdat hy glo met ’n interne forensiese ondersoek gepeuter het.

Nog drie topbeamptes van Usaasa, Andrew Hlubi (finansiële hoof), Molefi Mollo (ontwikkelingshoof) en Archie Mbatha (logistieke bestuurder) word ook ondersoek, onder meer weens hul rol in die wanbesteding van tot R29 miljoen by die agentskap.

Usaasa moet onder meer sorg dat spesiale dekodeerders in Suid-Afrikaners se huise geïnstalleer word.

Tot 5 miljoen van dié dekodeerders moet teen ’n koste van R2,4 miljard onder arm huishoudings versprei word.

Sentech, die seinverspreider, en die SAUK is ook belangrike rolspelers in die proses.

Pule sê sy sal volgende week met die uitvoerende hoofde van Sentech en die SAUK vergader oor die proses.

“Ek het hulle gevra om verslag te kom doen oor die digitale migrasie-vordering.”
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Hier kom alweer staatskontrakte met tenders. Wat slegs en toevallig aan ANC-tjommies sal gaan. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.