SA kry binnekort internet op vlugte
2011-10-14 10:19
Johannesburg – Suid-Afrikaanse reisigers en sakemense sal binnekort nie meer droëbek op vlugte sonder internet, e-pos en SMS’e hoef klaar te kom nie.
Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) het ‘n program van WirelessG and Row 44 goedgekeur wat Wi-Fi op Suid-Afrikaanse vlugte beskikbaar sal maak.
“Alhoewel ons steeds vir ‘n waarborg van gehalte wag, is die BLO trots om aan te kondig die gebruik van die tegnologie is goedgekeur,” het Subash Devkaran, ‘n senior bestuurder van die BLO, gesê.
Devkaran het gesê die nuwe tegnologie sal bydra tot Suid-Afrika se produktiwiteit, maar die BLO se eerste prioriteit bly steeds om passasiers se veiligheid te verseker.
Die federale kommunikasie-kommissie sal die nuwe Wi-Fi-tegnologie glo deeglik toets voor gebruik.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.