SA glo eers oor vier jaar vry van bek-en-klouseer
2011-09-29 08:05
Kaapstad – Suid-Afrika kan moontlik eers oor vier jaar sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry as sake nie binnekort verander nie, het die Rooivleisbedryfsforum gesê.
Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs volgens hul berekeninge voorspel die verbod sal Suid-Afrika se eebedryf sowat R2 miljard per jaar kan laat inboet.
Die tydperk word op vier jaar geskat, aangesien die formele proses van die Wêreldgesondheidsorganisasie, wat sowat twee jaar lank duur, eers in werking sal tree nadat die staat klaar al die nodige stappe gedoen het.
Een van die hoofredes waaraan die uitbreking glo toegeskryf kan word, is die verval van die land se grensdrade tussen Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal.
Dave Ford, hoofbestuurder van die Rooivleisbedryfsforum, het gesê die forum het ‘n dokument wat die kwessie aanspreek aan die departement van landbou, bosbou en visserye voorgelê.
“Die departement misluk ten opsigte van steun aan die rooivleisbedryf, wat verreweg die grootste landboubedryf in Suid-Afrika is,” lui die dokument. “Dit het ’n direkte impak op die rooivleisbedryf en bedreig Suid-Afrika se voedselsekerheid.”
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad