Rwanda gaan Suid-Afrikaanse wild invoer
2011-11-16 23:00
Kigali – Weens wildstropery en konflik in dié
Afrika-staat, word Rwanda genoodsaak om leeus en renosters vanaf Suid-Afrika in
te voer.
Daar is slegs een renoster in Rwanda se
Akagera-park.
Leeus het lank reeds die Akagera-park verlaat
nadat vlugtelinge wat teruggekeer het ná die 1994-volksmoord huis opgesit het
in dele van dié nasionale park.
“Ons het begin met die omheining van die park en behoort teen Februarie 2012 klaar te wees.
“Daarna is dit belangrik om dié spesies terug
te bring na die park,” het Rica Rwigamba, direkteur van toerisme, gesê.
Sy het nie gesê hoeveel renosters en leeus
hulle van plan is om in te voer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA