Rondsit ná werk lei tot bloedklonte
2011-07-05 09:53
Londen – Om ná werk voor die televisie te sit is dalk nie net sleg vir die omtrek van die middel nie – dit kan ook tot dodelike bloedklonte lei, het navorsers bevind.
Kenners het bevind dat mense wat meer as 41 uur per week buite werksure sit 'n groter kans op ‘n bloedklont in die longe het.
Dié bloedklonte beweeg uit die bene, wat oor 'n stoel se rand hang, op en deur die longe, waar dit asemhaling kniehalter en pyn in die bors en 'n gehoes tot gevolg het.
Dié studie onder sowat 70 000 vroue het bevind dat vroue wat lank sit twee tot drie keer meer geneig is om dié gevaarlike klonte te ontwikkel as vroue wat minder as 10 ure buite werksure in ‘n werkweek sit.
Dié navorsing is in die British Medical Journal gepubliseer en is die eerste studie wat bloedklonte in die longe met ‘n leefstyl van baie sit met mekaar verbind.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.