Rolls Royce ondersoek kernkrag
2009-09-16 14:11
Londen - Die Britse ingenieursfirma Rolls Royce gaan saam met die Franse kernkragvervaardiger EDF werk om vier nuwe kernkragsentrales in Brittanje te bou.
“Rolls Royce het vandag aangekondig dat hulle met EDF Energy gaan saamwerk op projekte wat die konstruksie van vier nuwe kernkragsentrales sal ondersteun.
“Dié projekte sluit in ondersteuning voor én na die produksieproses,” het Rolls Royce in ‘n verklaring gesê.
Hulle het aangedui dat verskeie moontlikhede rakende kernkrag ondersoek sal word.
- Sapa-AFP