Roem wink vir egpaar oor video van olifante

2011-11-22 08:11
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – Televisie-roem wink vir ’n Baaise egpaar nadat hul verstommende beeldmateriaal van die redding van ’n olifantkalfie die internet aan’t gons het.

André en Mignonne van Heerden bestempel hul ervaring langs ’n watergat in die Addo-olifantpark as “ongetwyfeld die emosioneel uitmergelendste” wat hulle in 30 jaar in die wildernis aanskou het.

“Met tye moes ek myself net keer om nie uit te spring en die kalfie self te gaan red nie.

“Maar toe hy eindelik weer veilig met al vier pote op vaste grond staan, kon ons maar net huil. En toe ek om my kyk, was dit presies wat almal in die ander motors óók gedoen het,” het Van Heerden vertel.

Dit is reeds ’n jaar later en die dramatiese beeldmateriaal wat die Van Heerdens daardie dag geneem het, het deurgedring na môre-aand se eindronde van die kyk­NET-TV-program Kwêla se amateur-videokompetisie.

Sy sê dié dag in Oktober 2010 was die meeste van die watergate in die park uitgedroog en het die olifante water gekry uit ’n sement-trog. By Hapoor het die olifante langpad óm die droë gat trog toe geloop, maar die kalfie het regdeur probeer loop.

Die bedrieglike droë oppervlak het onder sy gewig meegegee en hy het pens en pootjies in ’n dam taai, grys kleimodder vasgeval.

Die dier se desperate gespook en gespartel het hom net dieper in die moeilikheid gekry. Sy ma en die res van die trop het naarstiglik probeer help deur droë sand op die modder te strooi, die steil wal meer gelyk te probeer trap en hul slurpe vertroostend om sy kop te vou. Maar vergeefs.

In ’n stadium het hy onder die modder weggesak, maar weer boontoe geworstel en toe uitgeput bly lê. “Soos ’n vrou maar is, het ek André gesmeek om te gaan help. Ons grootste vrees was dat hy gaan versmoor of dat sy organe onder die drukking van die modder sou ingee.“

Uiteindelik was dit die matriarg wat met die wenplan vorendag gekom het. Sy het die trop eenkant laat staan en toe die ma van die kant af raad gegee oor hoe om haar knapie uit te help.

“Die outjie was skoon bewerig op sy bene en hy het dadelik aan sy ma probeer drink. Hulle het ’n rukkie gerus en toe weggestap.

“Daar was nie ’n droë oog in sig nie nie!”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: diere  |  olifante

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... As jou onderste helfte Aus en NZ is... dan verseker. Wat weet die klomp nou van sulke dinge af? Daardie skottel gaan stuk stuk nog opgesny word vir skrootyster. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.