Roccy sal dalk gou weer sien

2011-12-11 10:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Roccy, die blinde weesrenoster wat diep in die land se hart ingekruip het, sal eersdaags dalk weer kan sien.

Hy is blind sedert sy ma in Junie in die Elandela- private natuurreservaat buite Hoedspruit gestroop is.

Yvonne Gioia en haar man, Rocco, het eers ’n dag later die ontwaterde renosterkalf opgespoor. Hulle maak hom sedertdien met die hand groot.

Veeartse glo Roccy het van die trauma en waarskynlik houe teen sy kop katarakte ontwikkel en blind geword. Dié katarakte gaan nou by Onderstepoort in Pretoria verwyder word.

Me. Gioia het aan Rapport gesê hulle is positief dat dít Roccy se sig sal verbeter. Sy regteroog kan tans byna geen beweging waarneem nie en die linkeroog kan net-net tussen lig en donker onderskei.

Dit is gedeeltelik om dié rede dat Roccy so geheg geraak het aan een van Elandela se tuiniers, Shepard Mnissi, wat hom later voltyds opgepas het.

Rapport het vroeër berig hoe Mnissi soms 24 uur van die dag by Roccy moet bly, wat paniekerig raak wanneer hy nie sy maat kan aanvoel nie.

Me. Gioia het gesê Mnissi sal saam met Roccy op die vragmotor ry wat hom 450 km ver moet vervoer. Dit is die eerste keer dat Roccy op ’n voertuig gelaai sal word. Hy drink nog bottel met afgeroomde melk en ProNutro.

Roccy sal op 2 Januarie Pretoria toe vervoer word en die operasie is vir die volgende dag geskeduleer.

Die koste word gedek deur skenkings wat aan die Elandela Rhino Survivor Trust gemaak is.

* ’n Ander renosterkoei het gister op Elandela gekalf.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: renosterstropery  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... As jou onderste helfte Aus en NZ is... dan verseker. Wat weet die klomp nou van sulke dinge af? Daardie skottel gaan stuk stuk nog opgesny word vir skrootyster. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 145,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

ALFA ROMEO

156 2.5 V6 SPORTWAGON
2006
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.